Jim Clark

Jim Clark
Clark in 1965
Clark in 1965
Geboortedatum (1936-03-04)4 Maart 1936
Geboorteplek Kilmany, Fife, Skotland, VK
Sterfte 7 April 1968 (op 32)
Hockenheimring, Baden-Württemberg, Wes-Duitsland
Volle naam James Clark, Jr.
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Brit
Aktiewe jare 1960 – 1968
Ou span(ne) Team Lotus
Inskrywings 73 (72 begin)
Kampioenskappe 2 (1963, 1965)
Oorwinnings 25
Podiums 32
Loopbaanpunte 255 (274 voor weglating van punte)
Voorste wegspronge 33
Vinnigste rondtes 28
Eerste F1-wedren 1960 Hollandse Grand Prix
Eerste wen 1962 Belgiese Grand Prix
Laaste wen 1968 Suid-Afrikaanse GP
Laaste inskrywing 1968 Suid-Afrikaanse GP

James "Jim" Clark, Jr OBE (4 Maart 19367 April 1968) was 'n Britse Formule Een-renjaer van Skotland, wat twee Wêreldkampioenskappe gewen het, in 1963 en 1965.

Clark was 'n veelsydige bestuurder wat meegeding het in sportmotors, toermotors en in die Indianapolis 500, wat hy gewen het in 1965. Hy was veral verbind met die Lotus-merk.

Clark sterf in 'n Formule Twee-wedrenongeluk in 1968 in Hockenheim, Wes-Duitsland. Ten tye van sy dood op die ouderdom van 32, het hy meer Grands Prix wedrenne gewen (25) en meer voorste wegspringplekke (33) behaal as enige ander bestuurder. In 2009 het The Times Clark bo-aan 'n lys van die grootste Formule Eenbestuurders ooit geplaas.[1]

  1. Times Online, 27 March 2009: The 50 greatest Formula One drivers: Nos 10–1 Geargiveer 7 Mei 2009 op Wayback Machine

Developed by StudentB